click here if you want to see your banner on this site

Author Topic: [PRE-ANN] WAVES. Die allerbeste kriptoteken blokketting platform (Afrikaans)  (Read 7577 times)


Duchess

  • Jr. Member
  • **
  • Posts: 63
  • Karma: +0/-0
    • View Profile
Toetsnetwerk vergoedingsprogram

1. Stel 'n toetsnetwerk op volgens https://github.com/wavesplatform/Waves/wiki/How-to-configure-Waves-node
2. Rapporteer dit in die Slack kanaal (#testnet-maintainers)
3. Kry 'n paar toets munte by die kriptokraantjie http://testnet.wavesexplorer.com/faucet
4. Jou node moet vir ten minste 90% van die tydperk aanlyn wees om in aanmerking te kom vir die vergoeding. Dit word deur 'n toepassing gemonitor
5. Betalings sal weekliks geskied
6. Meer as een node kan deur een persoon behartig word, solank elke node sy eie IP adres het

Duchess

  • Jr. Member
  • **
  • Posts: 63
  • Karma: +0/-0
    • View Profile
Hi almal! Opdateer asb julle beursies na 0.4.3 (2016-08-18)

Om af te laai - https://github.com/wavesplatform/WavesGUI/releases/tag/v0.4.3

Waves Chrome Toep (v0.4.3a) word outomaties opdateer. Indien jy onseker is, volg die instruksies

Om af te laai - https://chrome.google.com/webstore/detail/wavesliteapp/kfmcaklajknfekomaflnhkjjkcjabogm

Instruksies - https://wavestalk.org/waves-lite-client/waves-lite-client-tutorial/

Foute wat reggemaak is

#header-wPop-backup: Gestandaardiseerde paddings. (8ca5e60)
#seed-whitespace-popup: Vetgedruk en hoofletters txt is toegepas met die keuses in die nuwe dialoogbeskrywing (63883ed)
#seed-whitespace-popup: Foute is reggemaak en 'n standaard styl is afgerond (6d9eb06)
buttons, popup texts: Verskille tussen knoppies regoor die GUI is reggemeaak. Padding by sekere boodskappe is reggemaak (88908bc)
html: Duplikaat transaksie tabel identifiseerders is reggemaak (3a45a62)

Funksies

#mBB-token: 'n nuwe tab vir pasmaaktekens is geskep en 'n pasmaak roller is bygevoeg (19d138d)
rekening: waarskuwing indien 'n seed witspasie agteraan het (37b5548)
adres: adresskepping word deur due ligte klilënt gedoen (4cc44a6)
beursie: transaksiefooi validering verandering (3d2f4d2)
Verbetring in verrigting

SVG: Verbetering van verskeie SVG leêr groottes en verrigting (13e1a0a)



Duchess

  • Jr. Member
  • **
  • Posts: 63
  • Karma: +0/-0
    • View Profile
Waves is a Blokketting 2.0 tegnologie wat beoog om die manier hoe ons geld vandag gebuik te verbeter deur gedesentraliseerde transaksies en 'n vinnige tekenselsel wat die mag terugsit in mense se hande. Luister hoe LooTz en Sasha 'n Saterdag gesprek hou saam met 'n betrokke gemeenskap.

https://soundcloud.com/coremediaradio/waves


Duchess

  • Jr. Member
  • **
  • Posts: 63
  • Karma: +0/-0
    • View Profile
Waves weekliks No 7


Kwaai toetsing op die toetsnetwerk gaan hierdie week die lig sien. Binne ure nadat die vergoedingsprogram aangekondig is was meer as 100 nuwe nodes aktief. Die Waves span is baie dankbaar dat die gemeenskap na vore gekom het om te help met hierdie belangrike proses. Bates word geprogrammeer in parallel met die volledige nodes en beide sal terselfdetyd vrygestel word.

Waves VME

Sasha het ‘n VME (vra my enigeiets) sessie gehad op Core Radio verlede Saterdag. Jy kan hierna luister by https://soundcloud.com/coremediaradio/waves of die notering daarvan lees by http://coremedia.info/index.php/waves-news/item/295-wavesplatform-core-radio-show-transcript-with-sasha-ivanov.

Hierdie wye veld onderhoud het baie aspekte van Waves tegnologie en ekosisteem gedek. Sommige hiervan sal bekend wees vir die gemeenskap en ander minder bekend. Hierdie aspekte sluit in:

Fiat oordrag en groepsbefondsing

Hierdie is die Waves platform se vlagskipproduk en sal die eerste kenmerk wees wat vrygestel sal word. Pasmaak tekens sal banke en finsiële instellings instaat stel om fiat tekens op die blokketting uit te reik, gerugsteun deur werklike waarde binne die organisasie se regulatoriese sfeer. Dit maak dit moontlik om groepsbefondsing in fiat te doen ipv slegs in Bitcoin, wat tot dusver die norm was insluitende Waves self. Tradisionele groepsbefondsing sal voordeel trek uit laer kostes danksy die gedesentraliseerde platform.

Koppelings

Waves se twee vlak argitektuur laat pasmaak transaksies toe. Derdeparty koppelings sal programmeerders toelaat om hulle eie kenmerke te skep bv. gewone of massabetalings soos dividenduitbetalings. Die doel is om baie sulke programmeerders te lok wat waarde en funksionaliteit tot die netwerk sal voeg.

Boodskappe

Waves gaan ‘n geënkripteerde boodskapstelsel buite die blokketting insluit. Dit sal ‘n gewone publieke/privaatsleutelstelsel wees maar inligting sal nie op die blokketting gestoor word nie, behalwe as dit spesifiek vereis word. Hierdie benadering sal veiliger wees en onnodige groei van die blokketting vermy.

APIs

Die API kliënt gaan ‘n kode koppeling wees wat vinnig en maklik geïnstalleer sal kan word.  Die idee is om dit soos al die ander aspekte so toeganklik moontlik te maak. Deur ‘n koppeling te gebruik vir die API, sal Waves probleme met aanpasbaarheid en om die API te verander vermy, wat krities is vir vertroue en besigheidsaanvaarding.

Slim(mer) kontrakte

Waves sal op die ou einde sy eie weergawe van slimkontrakte daarstel met wesenlike verskille met Ethereum se implimentering. “Slimkontrakte sal uitsluitlik op volledige nodes bestaan. Die res van die nodes sal die geldigheid van die uitvoering daarvan nagaan. Hulle sal nie self kontrakte hoef uit te voer nie. Daar sal geen uitbreiding of sekuriteit probleme wees nie. Al die kontrakte sal in ‘n “sandbox” plaasvind en dus sal ‘n DAO kraak nie moontlik wees met ons nie. Geen geld oorplasing sal deur die slimkontrakte self plaasvind nie.

Incent

Dit is vir ons aangenaam om aan te kondig dat ons ‘n nuwe ooreenkoms aangegaan het! Besigheidsindeks en kriptobesigheidsnode BitScan stel ‘n nuwe blokkettinglojaliteitsprogram genaamd Incent op die Waves platform vry. BitScan se groepsbefondsing sal in Oktober plaasvind en die eerste besighede sal in die nuwejaar begin. BitScan het die mark getoets en het reeds van verskeie besighede belangstelling gekry, onderhewig aan die voltooiing van die sagteware. BitScan jaag aktief nuwe besigheid na. Jy kan die Incent witskrif lees, die toetsbeursie kry en meer uitvind by http://incent.bitscan.com/

Waves artikel

Wat Waves se pasmaak blokketting tekens vir die musiekbedryf bied.

Duchess

  • Jr. Member
  • **
  • Posts: 63
  • Karma: +0/-0
    • View Profile
Wat Waves se pasmaak blokketting tekens vir die musiekbedryf bied

Een-tot-een tegnologie het alreeds die musiekbedryf ontstig sedert die begin van die eerste leêr-deel netwerke 15 jaar gelede. Een-tot-een platforms wat op kriptografie gebaseer is bied 'n nog groter voordeel vir indie kunstenaars.

https://blog.wavesplatform.com/what-waves-custom-blockchain-tokens-platform-offers-the-music-industry-f73a363846c9#.f0l83l7e6
https://twitter.com/wavesplatform/status/768095380001042433


 

Bitcoin Garden 2013-2024, All rights reserved | Privacy Policy | DMCA | About Bitcoin Garden | Support & Services