click here if you want to see your banner on this site

Author Topic: [PRE-ANN] WAVES. Die allerbeste kriptoteken blokketting platform (Afrikaans)  (Read 7536 times)

Duchess

  • Jr. Member
  • **
  • Posts: 63
  • Karma: +0/-0
    • View Profile

Duchess

  • Jr. Member
  • **
  • Posts: 63
  • Karma: +0/-0
    • View Profile
Die eienaar van Stakepool.com Fyrstikken praat met Zak Mir oor die Bitcoin onderwerp, Wavesplatform - die nuwe BTC gebaseerde gedesentraliseerde aandelebeurs - asook sy gedagtes oor fiat geldeenhede

https://steemit.com/bitcoin/@fyrstikken/i-went-on-television-to-talk-about-bitcoin-halving-and-the-wavesplatform-stock-exchange

###

@fyrstikken
Ek was op Televisie om te praat oor #Bitcoin vergoeding halvering asook #Wavesplatform

https://twitter.com/fyrstikken/status/751495338393948161

https://twitter.com/StakepoolCom/status/751495968420294657

Duchess

  • Jr. Member
  • **
  • Posts: 63
  • Karma: +0/-0
    • View Profile
Waves weekliks No 1

1) Ontwkellingsopdatering
Die no 1 fokus op die oomblik is die kode vir die volledige publieke node met die bekendstelling van pasmaak tekens kort daarna. 'Ons is op skedule. Daar is 'n paar onverwagse foute wat opgetel is maar ons het hulle vinnig reggemaak. Bekendstellings is altyd moeilik, maar ons moet hier deurgaan', het Sasha genoem. Volledige publieke nodes behoort binne die volgende 2 weke gereed te wees.

Soos altyd, is die fokus om vinnig te ontwikkel maar sonder om sekuriteit nadelig te beïnvloed.  Die kompromitering van die DAO slimkontrakte het die noodsaaklikheid van ekstra omsigtigheid in die kriptowêreld benadruk. Dit is krities vir Waves om die kode vir die volledige node behoorlik te toets. Die beskerming van gebruikersfondse is en sal altyd van kardinale belang wees. Daar kan nie vertroue en gemoedsrus in ‘n blokkettingplatform wees indien sekuriteit afwesig is nie.

2)StigtersOntwikkelaars-bymekaarkomgeleentheid en planne vir samewerking met Lisk
‘n Groep blokkettingontwikkerlaars wat verskeie projekte verteenwoordig, het hierdie week in Moskou bymekaargekom by die StigtersOntwikkelaars-bymekaarkomgeleentheid wat deur Waves behartig is. Max Kordek van die Liskprojek was ‘n belangrike deelnemer.
‘Max weet wat hy doen. Ek hou van Lisk en ek weet nou baie meer daarvan. Hulle projek is belowend.’ het Sasha gesê. Een uitkoms van die geleentheid was dat die Waves span moontlik ‘n oorbruggingsprotokol sal skep tussen Lisk en Waves.


3) BioViva samewerking
Waves het begin saamwerk met BioViva, ‘n maatskappy wat deurbraaknavorsing doen in 'senescense' en gesondheidslewensduur.  Later vanjaar gaan BioViva ‘n navorsingsgroepsbefondsing doen deur middel van tekens op die Waves platform. Hierdie tekens sal gekoop, verkoop en oorgedra word aan ander gebruikers en uitendelik ook gebruik kan word vir BioViva behandeling.

Hierdie is opwindende en deurbraaknavorsing is ‘n gulde geleentheid vir beide Waves en BioViva. Daar is meer inligting oor die maatskappy en samewerking beskikbaar in die volgende artikels:

http://finance.yahoo.com/news/bioviva-partners-waves-blockchain-tokens-024400311.html
http://money.china.com/fin/kj/201606/30/8710059.html

‘n Verder ebetekenisvolle samewerking is besig om gefinaliseer te word en meer sal hieroor aangekondig word in die volgende week.

4) Programmeerders benodig
Waves is tans op soek na programmeerders.  Jy sal ‘n blokketingnavorser moet wees asook vlot moet wees in Scala programmering. Indien jy belangstel, kontak ons in Slack of stuur ‘n epos aan [email protected]

5) Nuwe beurse
Oor die afgelope twee weke het twee nuwe beurse hulle by Bittrex gevoeg en Waves gelys: die Chinese Touzibi en die kriptodeler Litebit.eu. Ons voorsien dat meer beurse Waves sal integreer wanneer die kode vir die volledige node vrygestel is en die publieke node geaktiveer is.

6) Nuus and gebeure
BIP001, die Blockchain Incredible Party, vind plaas op 7 Julie in Odessa, Ukraine, teenaan die Swartsee kus  – Waves sal nuturlik ook daar wees. Die voorafpartytjie begin reeds op 6 Julie. Meer inligting is beskikbaar by http://bip001.com/.

Laastens is daar omvattende inligting oor die Waves platform beskikbaar by BitBillions, te danke aan Waves ondersteuner GlobalWork365. Dit is ‘n goeie inleiding vir enigeiemand wat nuut is met Waves en wat meer wil uitvind.  Volg die jongste nuus op die offisiële forum.

Duchess

  • Jr. Member
  • **
  • Posts: 63
  • Karma: +0/-0
    • View Profile
Waves weekliks No 2


Blockchain Incredible Party

Dit was ‘n groot week vir Waves in Odessa by die Swartsee, waar Sasha en Bez by ‘n groep programmeerders, entrepreneurs en korporatiewe verteenwoordigers aangesluit het by die Blockchain Incredible Party. Sasha het as een van die sprekers die Waves platform se visie aangebied insluitende van die tegniese en praktiese toepassings:
  • Vereenvoudigde batebetalingsbevestiging en die stoor van slegs noodsaaklike data om blokketting groei teen hoë volumes te beperk.
  • Vertroulose HFT: Gesentraliseerde bestellingsparing, uitgevoer op die blokketting – teen die spoed van tradisionele beurse maar sonder die risiko om fondse sentraal te stoor.
  • Gebruikersgedifinieerde netwerktekens – wat dit moontlik maak om vir transaksies te betaal in enige geldeenheid, bv. transaksiekoste vir USD oorplasings wat betaal word in USD.
Hulle het natuurlik gebly vir die BIP001 partytjie na die tyd.

Mycelium Integrasie

Daar is belangrike nuus oor een van ons bestaande venootskappe, Mycelium. Die gewilde maatskappy wat digitale beursies maak, gaan Waves baie dieper integreer as voorheen as deel van van hulle her-bekendstelling. Gebruikers gaan nie net tekens kan stuur en ontvang deur middel van Mycelium nie, maar hulle ook kan skep op die Waves platform.  Waves tekens gaan ondersteun word regoor die reeks Mycelium toepassings en produkte, insluitend die Myceliumkaart – hardeware beursies in die gewone ISO ID1 grootte met draadlose eenhede, sleulborde, herlaaibare batterye en ingeboude skerms. Elke kaart is ‘n beursie en betalingspuntterminaal in een. Kaarte konnekteer met mekaar wat later tot 'n volskaalse mesh-netwerk opgegradeer sal word. Bo en behalwe die gewone bitcoin en fiat aanwendings, is die kaarte perfek vir lojaliteitsprogramme, lugdiens puntestelsels ens. Dit is ‘n fantastiese geleentheid vir Waves om aanvaar te word regoor Mycelium se groot en vinnig-groeiende gebruikersbasis.

Ontwikkelingsopdatering

Intussen is die volledige node ontwikkelling op skedule en behoort in die komende weke gereed te wees.  Dit sal enige iemand in staat stel om 'n node te behartig en voordeel te trek deur hulle Waves balans te stake. Dit sal volle desentralisering teweegbring en die weg baan vir die volgende rondte beurse.

Die offisiële Waves webblad is amper klaar en sal met verloop van tyd bekendgestel word.  Ons wavestalk.org forum is oop vir registrasie en onmiddellike gebruik.

Baie dankie aan Fyrstikken en Stakepool.com

Laastens is daar nuus oor Waves op StakePool. Fyrstikken, die eienaar, het op TV met Zak Mir gepraat oor bitcoin, die halvering, asook die Waves platform.


Laastens is daar omvattende inligting oor die Waves platform beskikbaar by BitBillions, te danke aan Waves ondersteuner GlobalWork365. Dit is ‘n goeie inleiding vir enige iemand wat nuut is met Waves en wat meer wil uitvind.


Duchess

  • Jr. Member
  • **
  • Posts: 63
  • Karma: +0/-0
    • View Profile
Waves weekliks No 3


Publieke volledige node vrystellingskandidaat

Die begin van die week is die bekendstelling van die publieke volledige node vrystellingskandidaat op die toetsnetwerk. Die kode sal deeglik getoets word voordat dit vrygestel word op die hoofnetwerk.  Die nuutste kode is beskikbaar by https://github.com/wavesplatform/Waves/releases/tag/v0.2.1, en ons verwelkom terugvoer van enigeiemand wat wil help met die proses om te verseker dat die Waves network veilig en stabile is. Aansporings is beskikbaar vie enigeiemand wa ‘n fout in die kode kan opspoor en sal binnekort aangekondig word.

Volledige nodes op die toetsnetwerk: Konfigurasie

Jy kan inligting kry oor hoe om ‘n Waves node op die toetsnetewrk op te stel by https://github.com/wavesplatform/Waves/wiki/How-to-configure-Waves-node. Indien jy meet inligting benodig, kan jy vra op die Slack kanaal #testnet-maintainers. Foute moet gerapporteer word op die forum by https://wavestalk.org/technical-discussion/

Teken Spesifikasie

Die spesifikasie vir die Waves bateverhandeling- en tekenstelsel is gepubliseer op github. https://github.com/wavesplatform/Waves/blob/master/Assetsspecification.md Die Waves tekenprotokol sluit bate-tot-bate verhandeling in op die kernvlak asook gesentraliseerde bestellingboek. Dit sal die spoed van tradisionele kriptoverhandeling moontlik maak maar met verhandeling wat punt-na-punt plaasvind. ‘n Afsonderlike opdatering wat inligting verskaf oor die implimentering van pasmaaktekens sal beskikbaar gestel word met verloop van tyd.

Ligte kliënt Opdatering

Ons maak verskeie klein aanpassings aan die ligte kliënt om dit meer gebruikersvriendelik te maak. Dit sluit in styl asook byvoeging van 'n dialoogboks na die SEND transaksie begin is, om die transaksie en bedrag te bevesting. Ons sal ook ‘n veraderlikefooi opsie byvoeg.

Die grootste prioriteit is om die volledige nodes uit te rol en om ‘n veilige en stabiele network daar te stel. Die volgende groot veranderings aan die gebruikerskoppelvlak sa eers daarna gebeur.

Die nuutste weergawe van die beursie is beskikbaar by https://wavesplatform.com/


Duchess

  • Jr. Member
  • **
  • Posts: 63
  • Karma: +0/-0
    • View Profile
Hi almal! Julle moet julle beursies opdateer na weergawe 0.4.2 (2016-07-24)

Om dit af te laai - https://github.com/wavesplatform/WavesGUI/releases/tag/v0.4.2

Waves Chrome Toep (v0.4.2a) word outomaties opgedateer. Indien jy onseker is, volg die instruksies

Om dit af te laai - https://chrome.google.com/webstore/detail/wavesliteapp/kfmcaklajknfekomaflnhkjjkcjabogm

Instruksies - https://wavestalk.org/waves-lite-client/waves-lite-client-tutorial/

Foute wat reggemaak is
modals: Modals is nie toegemaak indien oopgemaak op doubleclick nie (ce588c8)

Funksies
Rugsteun: Geënkodeerde seed is in die rugsteun dialoog bygevoeg (9d038bc)
Beursie: Nie-deterministiese transakasie tekening is bygevoeg om sekuriteit te verbeter (aec9bbf)
Beursie: Omskakeling na die nuwe API (4ef675a)
Beursie: Betalingsbevestigingdialoog is bygevoeg.
Beursie: Die transaksiefooi is nou aanpasbaar.
Toetsnetwerk en die hoofnetwerk weergawes is nou saamgevoeg.
Verrigting is geoptimeer en die grootte is verminder met 1.5mb
« Last Edit: July 25, 2016, 07:33:37 PM by Duchess »

Duchess

  • Jr. Member
  • **
  • Posts: 63
  • Karma: +0/-0
    • View Profile
Waves weekliks No 4


Ontwikkelingsopdatering

Die volledige node vrystellingskandidaat is suksesvol getoets sonder enige foute wat aangemeld is. Verskeie byvoegings tot die kode wat nodig is vir die hoofkenmerke van die platform is gedurende laasweek gemaak. Die programmeerders beoog om al die toetsing gedurende Julie af te handel en dan die volledige publieke node op die hoofnetwerk in die begin van Augustus vry te stel. Ontwikkeling van die bates vorder terselfde tyd en dit word voorsien dat dit kort na die volledige node vrygestel sal word. Batespesifikasies kan hier gevind word. Ons verwelkom enige terugvoer van enigeiemand wat wil help met die proses om te verseker dat die Waves network veilig en stabiel bly.

Volledige node op die toetsnetwerk: Konfigurasie

Jy kan inligting kry oor hoe om ‘n Waves node op die toetsnetewrk op te stel by https://github.com/wavesplatform/Waves/wiki/How-to-configure-Waves-node. Indien jy meet inligting benodig, kan jy vra op die Slack kanaal #testnet-maintainers. Foute moet gerapporteer word op die forum by https://wavestalk.org/technical-discussion/.

Video, Radio Programme Opdatering

Na volgende week sal  weeklikse verskynings deur Sashsa op video en radio plaasvind. Verwag ‘n radioverskyning deur Sasha en ‘n spesiale gas in die middel van die week.

Webwerf Opdatering

Indien als reg verloop, behoort ons die nuwe webwerf hierdie week vry te stel met verskeie nuwe gesigte in die span gedeelte.

Liggewig kliënt 0.4.2 vrygestel

Kenmerke:
  • Nie-deterministiese transakasie tekening is bygevoeg om sekuriteit te verbeter
  • Omskakeling na die nuwe API
  • Betalingsbevestigingdialoog is bygevoeg
  • Die transaksiefooi is nou aanpasbaar
  • Verrigting is geoptimeer en die grootte is verminder
Gids: https://wavestalk.org/waves-lite-client/waves-lite-client-tutorial/
Besonderhede: https://github.com/wavesplatform/WavesGUI/releases/tag/v0.4.2
Om aft e laai: https://chrome.google.com/webstore/detail/wavesliteapp/kfmcaklajknfekomaflnhkjjkcjabogm

Die grootste prioriteit is om die volledige nodes uit te rol en om ‘n veilige en stabiele network daar te stel. Die volgende groot veranderings aan die gebruikerskoppelvlak sa eers daarna gebeur.

Die nuutste weergawe van die beursie is beskikbaar by https://wavesplatform.com/

Duchess

  • Jr. Member
  • **
  • Posts: 63
  • Karma: +0/-0
    • View Profile
Waves weekliks No 5


Ontwikkelingsopdatering

Ons het begin met die tekenimplimentering wat getoets en vrygestel sal word kort nadat die volledige nodes met die POS implimentering vrygestel is.  Ons werk in parallel om ‘n behoorlike paringsenjin te kies en om die konsep van vertrouelose HFT beurs te finaliseer wat buite-die-ketting bestelling en op-die-ketting betaling gelyktydig kan behartig. In die lig van onlangse aanvalle op beurse word dit belangrik om ‘n vinnig, veilige en vertrouelose bateverhandelingoplossing daar te stel.

Die volledige node vrystellingskandidaat gaan tans deur suksesvolle toetsing en ons verwelkom terugvoer van enigeiemand wat wil help met die proses om te verseker dat die Waves network veilig en stabiel bly - dit bly die prioriteit.  Gevolglik sal die volgende groot veranderinge van die UI met verloop van tyd plassvind. Ons sal verander na LPOS nadat die noodsaaklike funksionaliteit gereed is en dit gaan ‘n industriële-graad stelsel wees wat dit moontlik sal maak om bank-tipe platforms sowel as baie ander konsepte op die Waves platform te skep.

Volledige node op die toetsnetwerk: Konfigurasie

Jy kan inligting kry oor hoe om ‘n Waves node op die toetsnetwerk op te stel by https://github.com/wavesplatform/Waves/wiki/How-to-configure-Waves-node. Indien jy meer inligting benodig, kan jy vra op die Slack kanaal #testnet-maintainers. Foute moet gerapporteer word op die forum by https://wavestalk.org/technical-discussion/.

Webwerf Opdatering

Die nuwe webwerf https://wavesplatform.com/ was vrysgestel en die spangedeelte sluit die nuwe gesigte in.  Jy kan daar ‘n oorsig van die mees belangrike en inkomende Waves platform kenmerke kry. Meld asseblief enige foute aan.


Kern Ontwikkelingspan

Yuri Petrov(@gagarin55) is ‘n programmeerder met meer as 15 jaar ondervinding en is bevoeg in verskeie programmeringstale. Hy was al betrokke met die ontwikkeling van bankstelsels en finansiële projekte en is daarvoor bekend dat hy al verskeie kere betrokke was met die Scorex projekkode.

Alexey Kiselev is passievolle programmeerder. Hy het destyds programmeer op 8bit verwerkers toe rekenaars pas begin het. Hy het afstudeer aan die Moskou Staats Tegniese Universiteit aan die einde van die 20e eeu. Hy het vir verskeie banke en betalingstelselverskaffers as ‘n sagtewareprogrammeerder gewerk. Hy was die spanleier en eienaar van ‘n klein maatskappy en hardloop langafstand as stokperdjie.

Sergey Ishchenko(@beregovoy68) is ‘n sagtewareingenieur en spesialiseer in Java met meer as 10 jaar ondervinding. Sy portfolio bestaan uit transaksieverwerkings- en betalingsverwante finansiële en bankprojekte. Sy hoof verantwoordelikheid op die Waves projek is die ligte kliënt ontwikkeling en die koördinasie van die verspreide span. Hy is ‘n groot aanhanger van spoedmetodologie en is die rede hoekom hy SCRUM in die ligte kliënt span geÏmplimenteer het.

Tobias Schwarz(@tosch) is tans besig om ‘n meestersgraad in sosiologie aan die Berlynse universiteit te voltooi. Hy het ondervinding met die ontwikkeling van stelsels aan die voorkant en was betrokke met die ontwikkeling van die ligte kliënt beursie vir superNET en het saam met JL777 gewerk. Tobias was aktief in projekte gebaseer op NXT en het verskeie koppelings programmeer en het die mynxt.info webwerf behartig.

Carlos M. Parada(@waves.eth) is ‘n veelsydige ontwerper met verskeie kundigehid wat insluit argitektoniese tekeninge en visualisering, 3D digitale prototipering, webwerf/toep ontwerp onder HTML/CSS/JS, UI/UX, ens. Hy het in die verlede saamgewerk met name soos die Hilton hotelgroep en Kompas Gramedia. Hy is bekend vir die aanvanklike ontwikkeling van die stelsels aan die voorkant van die eerste superNET ligte kliënt weergawes sowel as die aanvanklike handelsmerk. Hy fokus tans sy tyd om saam te werk op die Waves platform. Hy lei die handelsmerkbestuur asook die algemene ontwerp.

Ivan Shcheglov het nadat hy afstudeer het aan die Moskou Staatsinstituut vir Elektroniese Ingineurswese na Londen verhuis in 2000. Daar het hy vir verskeie belegginsbanke as IT konsultant gewerk wat insluit JP Morgan, Barclays, Deutsche Bank en Nomura en het gefokus op verhandeling en markrisiko areas. Hy het ‘n meestersgraad in Besigheidsanalise en ontwerp van CASS in Londen en wiskundige verhandeling en finansies van CASS besigheidskool in Londen. Hy kombineer sy tegniese vaardigeheid in Java met ‘n wye reeks finansiële en bankvaardighede.

Besigheid

Ons moet ten volle werkende tegnologie lewer om dit te bemark. Bates moet korrek behartig word en die benadering word tans deur ‘n kriptograaf nagegaan. Ons hoop om ‘n wetenskaplike publikasie vry te stel wat Waves se benadering beskryf. Bates en volledige nodes is belangrike mylpale vir die Waves platform en ons moet ‘n innoverende en volledige oplossing aan die wêreld bied indien ons wil hê dat Waves gebuik word in toepassings daarbuite.

Die nuutste weergawe van die beursie is beskikbaar by https://wavesplatform.com/
« Last Edit: August 12, 2016, 12:13:22 AM by Duchess »

Duchess

  • Jr. Member
  • **
  • Posts: 63
  • Karma: +0/-0
    • View Profile
Waves weekliks No 6


Nuwe Webblad en ICO Blad Onttrekkings

Eerstens wil ons al die beleggers wat nog nie hulle saldos vanaf die ICO blad onttrek het nie sterk aanbeveel om dit so gou moontlik te doen. Die nuwe webblad is vrygestel en die oorspronklike groepsbefondsingblad gaan volgende week afgeskakel word. Indien jy dit nog nie gedoen het nie, meld aan op die ICO blad, stoor jou Waves adres op die blad, bevestig deur epos en wag dat jou tekens oorgedra word na jou plaaslike beursie (of direk na ‘n beurs indien jy dit verkies)

Die Waves ligte kliënt kan afgelaai word op ons webblad en jy kan daar instruksies kry hoe om ‘n nuwe rekening te skep.
Die ICO webblad gaan nie na volgende week versien word nie. Onttrekkings gaan hierna slegs per hand gedoen word en ook met baie langer intervalle.

LPoS Witskrif

Waves se Leased proof of Stake witskrif word tans nagegaan waarna dit aan die wyer gemeenskap vrygestel sal word. LPoS is die bakermat van die Waves network wat dit moontlik maak om vinnige 10s blokverwerkings te kan doen teen baie meer doelmatige energieverbruik as proof of work stelsels.

LPoS bou op die standaard PoS implementering deur gebruikers toe te laat om hul saldos aan ander nodes te verhuur en sodoende verfyn dit die gedelegeerde Proof of Stake (DPoS) soos gebruik deur BitShares en andere. Netwerk luiheid word verlaag en blokkapasiteit verhoog deur te verseker dat daar ‘n duidelik gedefinieerde stel aktiewe nodes is.  Die kern van hierdie benadering is die beperkte poel van volledige nodes wat die transaksieverwerking vir die netwerk hanteer. Indien daar ‘n onbeperkte aantal stakers is word die stelseldinamika wesenlik verander.  Dit maak dus sin in ‘n produksiestelsel, om ‘n balans te tref tussen desentralisasie en bruikbaarheid. Die Waves netwerk beoog om ‘n relatiewe groot aantal aktiewe nodes daar te stel maar sonder om werksverrigting onnodig te benadeel.

Hierdie benadering sal ondersteun word deur die byvoeging van ‘n gesentraliseerde bestellingsparing diens. Hierdie sal kopers en verkopers feitlik onmiddellik deur ‘n sentrale bediener paar, hoewel die transaksie self deur die blokketting verwerk sal word ter wille van sekuriteit en deursigtigheid.  Die paarder is verplig om die transaksie wat aan hom gestuur word uit te voer indien dit gepaar kan word met ‘n transaksie van ‘n ander node – hy kan nie verhoed dat die transaksie plaasvind nie. Hierdie skema boots die werkswyse van sentrale beurse na, met die verskil dat die paarder nie toegang tot die gebruiker se fondse het nie.

Batespesifikasie opdatering

Die bate spesifikasie is op Github gelaai. ‘n Nuwe skema vir bateverhandeling is geskep. Jy kan daar die verskil tussen die nuwe en vorige weergawe sien.

Volledige nodes

Na etlike weke van toetsing en nadat verskeie foute reggemaak is, is die volledige node kode so te sê klaar en sal dit so spoedig moontlik vrygestel word sodat gebruikers hulle eie nodes kan bestuur.

Meeste gebruikers sal saamstem dat hierdie ‘n kritese stap is omdat dit die onderbou is van alles wat hierna volg, insluitende die implimentering van ons pasmaak tekens. Ontwikkeling sal vinniger kan geskied met ‘n veilige en stabiele publieke network.  ‘n Volledig gedesentraliseerde Waves netwerk is ‘n belangrike en nodige stap om behoorlike sekuriteit en vertroue in die platform te bewerkstellig. Hierdie stap kan nie afgerammel word nie, soos bewys is deur verskeie ander kripto geldeenhede en indien dinge verkeerd gaan kan dit ernstige gevolge inhou. Ons sien dus uit na ‘n suksesvolle vrystelling van ‘n groot aantal nodes en baie dankie vir julle deelname in die Waves projek!

Die nuutste weergawe van die beursie is beskikbaar by https://wavesplatform.com/ en https://wavestalk.org

Duchess

  • Jr. Member
  • **
  • Posts: 63
  • Karma: +0/-0
    • View Profile



Duchess

  • Jr. Member
  • **
  • Posts: 63
  • Karma: +0/-0
    • View Profile
Opdatering

Inleiding

Ons is besig om die konsensusalgoritme te finaliseer - POS algoritme wat dit moontlik gaan maak om die volledige nodes vry te stel. Dit het ons ‘n bietjie langer gevat as wat ons gedink het weens probleme met die netwerk vlak en Scala waarvan ons nie geweet het nie, maar wat nou opgelos is en ons beweeg nou vorentoe.  Ons werk terselfdetyd aan pasmaak tekens. Die kern van die Waves platform is die vermoë om pasmaak tekens te skep, verhandel, oor te dra en uit te reik.  Ek het aanvanklik gedink dat ons die netwerk sal kan vrystel sonder die tekens, maar synde die tekens amper klaar is gaan ons die volledige nodes en tekens saam vrystel.  Daarna gaan ons werk aan LPOS wat ‘n kruis is tussen Bitshares afgevaardigde POS en rekeninglening van NXT.  Dit gaan ons instaatstel om ‘n veilige, vinnige LPOS stesel daar te stel waar alle transaksies deur ongeveer 100 nodes verwerk sal word. Dit is in 'n mate 'n vorm van sentralisering, maar is nodig om die stelel gereed te maak vir produksie. Dit sal die transaksies vinnig maak en die stelsel besigheidsgeörienteerd maak.

Ons probeer nie om ‘n netwerk van skootrekenaars te maak om transksies te verwerk nie, maar om 'n stelsel te skep waar 'n handjie vol nodes die transaksies doelmatig verwerk.  Dit sal die volgende ontwikkellingstap wees. Daarna sa Waves 'n produksiestelsel wees wat gereed is om gebruik te word vir verskeie toepassings, tekenskepping, en verskeie ander gebruike. Dit gaan ons nie so lank neem nie. Teen begin herfs behoort LPOS in plek te wees. asook gesentraliseerde verhandeling met blokketting afluiting. Jy sal op gesentraliseerde bedieners kan verhandel (wat nie toegang tot fondse sal hê nie) en met afsluiting op die blokketting.  Hierdie sal die eerste produksie weergawe van Waves wees. Hierdie is ons planne vir die afsienbare weke/maande.

Waves Platform - Visie, Ontwikkelling, Besigheid, Bemarking - Sasha Ivanov Q&A Transkripsie


Waves op Forbes:

Maak blokketting Waves met nasionale gedeenhede deur die mobilisering van gesentraliseerde bestellingsparing.

https://twitter.com/coremedia_info/status/763448783543922688
http://www.forbes.com/sites/rogeraitken/2016/08/10/making-blockchain-waves-with-national-currencies-mobilizing-centralized-order-matching

Wavesplatform nuwe toetsnetwerkvrystelling. Basis vir publieke volledige nodes:

https://github.com/wavesplatform/Waves/releases/tag/v0.2.2

Die nuutste weergawe van die beursie is beskikbaar by https://wavesplatform.com/ en https://wavestalk.org
Sluit by ons telegramkanaal aan: https://telegram.me/wavesnews
« Last Edit: August 28, 2016, 04:33:16 PM by Duchess »

 

Bitcoin Garden 2013-2024, All rights reserved | Privacy Policy | DMCA | About Bitcoin Garden | Support & Services